13 Februarie 2025
Die oorhandigingseremonie van die oorskot van die 14 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het, is uitgestel.
Die seremonie sou vanoggend by die Swartkops-lugmagbasis in Pretoria gehou word, maar is tot later vanaand uitgestel.
Volgens die SANW is dit te wyte aan president Cyril Ramaphosa se parlementêre verpligtinge vanmiddag, wat verband hou met die repliek op die staatsrede.
Die leier van die EFF, Julius Malema, het egter gesê die uitstel is blatante disrespek teenoor die bedroefde families en is onaanvaarbaar.
Hy sê die hoof van die weermag, generaal Rudzani Mpanywa, se beloftes dat die liggame reeds verlede Woensdag, 5 Februarie, hier sou aankom is onrealisties, en ‘n jammerte. Volgens Malema is Ramaphosa se repliek reeds lank voortuit beplan, en dat dit daarom nie sin maak dat die oorhandingingseremonie van die oorskot vir dieselfde tyd geskeduleer is nie.