24 Maart 2023
Betogings in groot dele van Frankryk duur steeds voort met landsburgers wat ontevrede is met die voorgestelde pensioenhervormings.

Betogers het gistermiddag die stadsaal van Bordeaux aan die brand gesteek, terwyl lughawens versper is. Die nuusdiens, CNN berig dat meer as 1-miljoen mense aan die betoging deelgeneem het. Gister was die negende dag van die betogings.
Volgens Reuters het ‘n groep betogers, wat na hulself as die Black Bloc-anargiste verwys, winkelsentrums se vensters stukkend geslaan, meubels soos bankies in strate afgebreek en ‘n kits-kos-winkel geplunder.
30% van alle vlugte vanaf Parys se Orly-lughawe is tydelik opgeskort.
Die minister van binnelandse sake, Gerald Darmanin sê minstens 80 mense is in hegtenis geneem, terwyl nagenoeg 123 polisiebeamtes beseer is.
Die landsburgers is ontevrede met die regering se voorgestelde besluit om die aftree-ouderdom met 2 jaar tot 64 te verhoog. Frankryk se president, Emmannuel Macron het verlede week die voorgestelde wetgewing in die parlement laat staan, sonder dat ‘n stemming daaroor gehou is.
JUST IN: Protests in France are NOT LETTING UP, videos from Paris emerge showing what looks like a war zone..
— Chuck Callesto (@ChuckCallesto) March 23, 2023
WHY IS THE MEDIA HIDING CIVIL UNREST?
pic.twitter.com/OP64Km1UCT