Gevangene in Oos-Londense hof doodgeskiet


Luister nou

Volgende

Gevangene in Oos-Londense hof doodgeskiet

7 September 2021

‘n 25-jarig gevangene is in die Oos-Londense Landdroshof doodgeskiet.  

Dié man was in die hof, waar hy tereg staan op aanklagte dat hy in 2018 uit die tronk probeer ontsnap het. Die polisiewoordvoerder, brigadier Tembinkosi Kinana sê die man was onder kruisverhoor toe hy glo skielik met ‘n mes in sy hand uit die getuiebank gespring het en in die rigting van die staatsaanklaer beweeg het.

Volgens Dispatch Live het die man probeer om uit die hofgebou te ontsnap, toe hy na bewering deur polisiebeamptes in die hof geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Dit is nie bekend hoe hy die mes in die hande gekry het nie. Die gevangene kon nie daarin slaag om iemand met die mes te beseer nie.

Volgens Kinana sal ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen word.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Gevangene in Oos-Londense hof doodgeskiet


Luister nou

Volgende