9 Desember 2022
Sewe babas onder die ouderdom van twee maande is vanjaar in die Wes-Kaap dood nadat hulle kinkhoes opgedoen het.

Gesondheidsowerhede het vanjaar ‘n merkbare toename in gevalle van dié siekte regoor die land opgemerk. Landswyd was daar 408 gevalle van kinkhoes aangemeld. 230 van dié gevalle is in die Wes-Kaap aangemeld.
Kinkhoes is ‘n hoogs aansteeklike lugweginfeksie wat veroorsaak word deur die Bordetella pertussis-bakterie.
Pasgebore babas loop veral die risiko om ernstige siektes te kry, aangesien hulle te jonk is om daarteen ingeënt te word. Die eerste inenting vir kinkhoes word eers toegedien as die baba ses weke oud is.