Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Getroue Pretoria FM-luisteraar vier haar 100ste verjaarsdag

18 Desember 2022

‘n Jarelange luisteraar en ondersteuner van Pretoria FM, tannie Tokkie Basson, word vandag 100 jaar oud.

Tannie Tokkie is op 18 Desember 1922 gebore. Haar man, Martiens Basson het in die Tweede Wêreldoorlog gaan diens doen.

Hy is tydens die oorlog krygsgevange geneem by Tobruk saam mens duisende ander Suid Afrikaanse soldate en is eers drie jaar later vrygelaat toe die oorlog verby is.

Tannie Tokkie het destyds die boerdery naby Standerton as jong ma van hulle oudste seun alleen bestuur.

Vroeg verlede jaar het Tannie Tokkie ook nuus gemaak toe sy as 98 jarige, Covid opgedoen het maar merkwaardig herstel het. Vandag vier tannie Tokkie jaar verjaarsdag met haar vier kinders Koetie (82), Lietie (75), Fanie (71) en Niklaas (66) by haar.

Sy woon in ‘n versorgingsoord in Montana, Pretoria. Tannie Tokkie skryf haar lang geseënde lewe toe aan die feit dat sy haar ouers en haar skoonouers versorg het tot met hulle dood.

Sy mik nou vir 200 jaar en sien uit na die dag wat sy haar nie meer oor haar kinders hoef te bekommer nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende