Die VF Plus sê dit is onaanvaarbaar dat ʼn gestremde VF Plus-raadslid in die Rand West-plaaslike munisipaliteit by ʼn stel trappe opgedra moes word om ʼn raadsvergadering by te woon.
Dit, weens die hysbak in die gebou wat vir die afgelope drie maande buite werking is.
Die party meen hy het al verskeie kere die munisipale bestuurder, Thabo Ndlovu, en die speaker, Selina Moumakwe, gevra om ʼn volhoubare oplossing vir die probleem te vind.
Die VF Plus se Gautengse wetgewerlid, Jaco Mulder, het die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Jacob Mamabolo, ook versoek om dringend aandag aan die saak te gee.