Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is


Luister nou

Volgende

Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is

‘n Gestremde VF Plus-raadslid het sy rug beseer toe hy, sy helper en ‘n werker van die Rand-West-plaaslike munisipaliteit in Randfontein van ‘n stel trappe by die munisipale kantore in afgetuimel het omdat die hysbak nie werk nie.

Charles Brough. Foto: verskaf.

Die VF Plus lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng, Jaco Mulder sê Charles Brough, wat in ‘n rolstoel is, moet elke keer wanneer die hysbak buite werking is, deur mense op- en af gedra word na die raadsaal wat op die eerste verdieping geleë is.

Mulder sê Brough is Donderdag voor ʼn raadsvergadering opgedra, maar met die afkomslag het een van die helpers se voet gegly en hy het sy balans verloor. Al drie het beserings opgedoen. Brough het sy rug beseer.

Mulder sê die hysbak was ook in Januarie vir drie maande buite werking. Die hysbak is in Maart herstel, maar was na ʼn maand weer stukkend.

“Dit is nie net die tweede keer dat die hysbak buite werking is nie. Twee jaar gelede was die dit vir meer as vyf maande buite werking en het die party ook die LUR gevra om in te tree.”

Hy sê die party neem kennis van die feit dat onderdele dalk moeilik bekombaar is, maar dit kan nie veroorsaak dat ʼn hysbak vir maande buite werking is nie.

Die VF Plus het reeds die LUR genader om weer dringend aandag aan die situasie te skenk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is


Luister nou

Volgende