26 Februarie 2024
Die polisie in Mpumalanga het ‘n gesteelde motor gevind, wat 14 jaar gelede in die Oos-Kaap gesteel is.
Volgens die polisiewoordvoerder, kaptein Magonseni Nkosi is die motor in Desember 2010 in die dorp, Komani as gesteel aangemeld.
Hy sê polisiebeamptes in Mpumalanga was besig om die identiteitsnommers van voertuie (VIN) na te gaan toe hulle vind dat ‘n wit Toyota Corolla se VIN-nommer op die lisensieskyfie nié ooreenstem met die VIN op die bak van die motor nie.
Nkosi sê die eienaar (31) van die motor is naby die grens tussen Suid-Afrika en Eswatini in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die hof, Nog aanklagte kan moontlik tot sy klagstaat gevoeg word.
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela het polisiebeamptes geloof vir hulle harde werk om die motor terug te kry.
#sapsMP A vehicle stolen in the Eastern Cape 14 years ago, was recovered in Mpumalanga and a suspect (31) was arrested by the joint Task Team members of Nerston and Mahamba boarder policing at Nerston Port of Entry on 24/02. NPhttps://t.co/VjEpMJywDo pic.twitter.com/6xWOXiWQQp
— SA Police Service 🇿🇦 (@SAPoliceService) February 25, 2024