21 Desember 2022
Die LUR vir gesondheid in Noordwes, Madoda Sambatha, doen ‘n beroep op ouers en versorgers om hul kinders vir inenting teen masels by hul naaste gesondheidsorginstansie te neem.
Sambatha sê ná die uitbreking van masels op die 2e Desember in dié provinsie is die siekte besig om vinnig te versprei.
LEES OOK: MASELS-UITBREKING IN VIER PROVINSIES
Die gevalle is klinies uitgeken en deur die die Sentrum vir Entstowwe en Immunologie en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes bevestig.
Volgens Sambatha is daar sedertdien ses-en-dertig gevalle in vier distrikte aangemeld en bevestig.
Hy sê dit is kommerwekkend veral aangesien die hoogs-aansteeklike siekte voorkom kan word deur inenting.