13 Junie 2023
“Die departement van gesondheid in Gauteng se voortdurende rompslomp met die behandeling van kankerpasiënte is onmenslik.”
Dít volgens die VF Plus lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng, Amanda de Lange. Volgens haar het die departement in Maart vanjaar ʼn bedrag van R784-miljoen beskikbaar gestel vir die uitkontraktering van bestralingsonkologiedienste en om ander chirurgiese agterstande in te haal.
De Lange sê R250-miljoen van dié geld is net vir bestralingonkologie opsy gesit.
“Drie maande het al verloop en steeds is die dienste nog nie uitgekontrakteer nie terwyl kankerpasiënte reeds gesterf het en daar meer bygekom het wat wag op behandeling.” Volgens De Lange het daar in 2022 meer as 2 700 pasiënte op bestraling gewag. Sedertdien het slegs 300 pasiënte die nodige behandeling ontvang.
Sy sê tans word bestraling slegs by die Steve Biko- en Charlotte Maxeke-hospitaal aangebied wat nie die druk kan hanteer nie. Volgens De Lange het die VF Plus ‘n skrywe gerig aan die LUR
Die VF Plus het ʼn skrywe gerig aan die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, om antwoorde rakende die probleem te vind.
