Gesondheidsdepartement hersien sy regulasies oor kontakopsporing en self-afsondering


Luister nou

Volgende

Gesondheidsdepartement hersien sy regulasies oor kontakopsporing en self-afsondering

29 Desember 2021

Die departement van gesondheid het laat gisteraand aangekondig dat hy sy vroeëre wysigings hersien, wat handel oor die opsporing en self-afsondering van persone wat in kontak was met ‘n Covid-19-pasiënt.

Dit kom nadat die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla vroeër aangekondig het dat mense nié meer hoef te isoleer indien hulle in kontak was met iemand wat positief getoets het vir Covid-19 nie. Een van die redes wat aangevoer is, is dat die land se  ekonomie dit nie kan bekostig nie. 

Die departement se woordvoerder, Foster Mohale het in ‘n verklaring gesê dat hulle besluit het om die maatreëls oor kontakopsporing, kwarantyn en isolasie te hersien nadat hulle oorval is deur navrae.

Die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 het ondermeer aangevoer dat kwarantyn nie doeltreffend is om die virus in toom te hou nie omdat net ‘n klein aantal kontakte van Covid-19-gevalle geïdentifiseer word. 

Mohale sê die rede vir die hersiening is op wetenskaplike faktore gegrond, soos dat die meeste mense reeds ten minste een dosis van die Covid-19-entstof ontvang het. Hy sê terwyl alle kommentaar in oorweging geneem word sal alle vorige bestaande regulasies oor kontakopsporing en self-afsondering van toepassing bly.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Gesondheidsdepartement hersien sy regulasies oor kontakopsporing en self-afsondering


Luister nou

Volgende