Gesondheidsdepartement bekommerd oor Covid-19-gevalle in Gauteng


Luister nou

Volgende

Gesondheidsdepartement bekommerd oor Covid-19-gevalle in Gauteng

14 Junie 2021

Die premier van Gauteng David Makhura het die afgelope naweek gesê dat die huidige inperkingsregulasies nie streng genoeg is om die derde vlaag van infeksies in dié provinsie te keer nie.

Makhura sê die provinsiale regering is reeds in gesprek met die nasionale regering oor moontlike strenger regulasies, oor onder meer sosiale byeenkomste, en alkoholverbruik.

Hy sê die pandemie woed nou op sy ergste en geen deel van die provinsie is veilig nie. Intussen het die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane ook die afgelope naweek gesê dat sy baie bekommerd is oor die stand van sake in Gauteng.

Daar is gister 5 902 nuwe infeksies in Gauteng aangemeld – die derde keer in vier dae dat meer as 5 000 nuwe daaglikse infeksies aangemeld word. 

Van dié gevalle is 2 348 in Johannesburg, 1 767 in Pretoria en 1 019 in Ekurhuleni.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Gesondheidsdepartement bekommerd oor Covid-19-gevalle in Gauteng


Luister nou

Volgende