23 April 2021
‘n Pa van ‘n ongebore kind het homself by die New Hampshire-polisiekantoor in Amerika oorgegee nadat die gesin se geslagonthullingspartytjie tot ‘n “ontploffing” gelei het.

The Guardian berig dat die polisie in die klein dorpie, Kingston berigte van ‘n “aardbewing” ontvang het en dat die reuseontploffing Dinsdagaand tot in die buur-deelstaat Massachusetts gehoor kon word.
Dit kom nadat die gesin ‘n partytjie by die Torromeo-steengroef gehou het om hulle ongebore baba se geslag aan vriende en familie bekend te maak.
Volgens The Guardian is 36 kilogram of 80 pounds van die plofstof, Tannerite gebruik om ’n bloukleurige poeier oor die steengroef te skiet.
Someone in New Hampshire detonated 80 POUNDS of explosives as part of a gender-reveal party. It has left cracks in the foundations of nearby homes.
— Liam Martin (@LiamFromBoston) April 23, 2021
🤦♂️ pic.twitter.com/MF6gU5bG9i
Dié plofstof word glo vir teikenskiet gebruik en kan maklik aangekoop word, maar die ontploffing het na bewering skade aangerig aan nabye huise.
‘n Inwoner, wat naby die steengroef bly, Sara Taglieri het aan plaaslike media gesê dat hulle groot geskrik het vir die ontploffing en dat prente van haar mure afgestamp is weens die ontploffing. Volgens haar is daar ook krake in van hulle mure.
Geen beserings is aangemeld nie. Die pa is glo ook nog nie van enige misdaad aangekla nie, maar die polisie se ondersoek duur voort. Gegewe die reuse wolk van blou poeier, weet die hele wêreld nou watter baba dié betrokke gesin verwag.
80lb explosion from gender reveal party in New Hampshire shakes homes up to 20 miles away | Daily Mail Online https://t.co/JjvQu3oesM
— Pjoyfarrar🌴🌊 💙 (@farrarpjoy) April 23, 2021