Geskorste Zweli Mkhize die ANC in KZN se kandidaat as partyleier


Luister nou

Volgende

Geskorste Zweli Mkhize die ANC in KZN se kandidaat as partyleier

27 September 2022

Die ANC in KwaZulu-Natal het vanoggend die geskorste minister van gesondheid, Zweli Mkhize as sy kandidaat vir partyleier benoem. 

Mkhize is geskors te midde van die Digital Vibes-skandaal. Die ANC se opsy-staanreël maak daarvoor voorsiening dat ANC-lede, wat by misdade betrek word, geskors moet word. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma het die afgelope naweek aangevoer dat dié reël egter hersien moet word.

Die voormalige premier van Gauteng, Paul Mashatile is ook as kandidaat vir adjunk-president. Nomvula Mokonyane is die ANC-tak se kandidaat vir adjunk-sekretarisgeneraal.

Die sekretaris-generaal van die ANC in KwaZulu-Natal, Bheki Mtolo, het dit vanoggend bekend gemaak.

Oud-president Jacob Zuma het gisteraand in ‘n verklaring bevestig dat hy bereid is om terug te keer na die politiek mits die ANC-takke dit wil hê.

Zuma het ook sy steun vir sy eksvrou, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, uitgespreek om as president van die ANC te dien. 

Die ANC-leiers sal vanjaar tydens die party se 55ste nasionale kongres in Desember na topposte verkies word.

https://twitter.com/NalaThokozane/status/1574664366665834497

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Geskorste Zweli Mkhize die ANC in KZN se kandidaat as partyleier


Luister nou

Volgende