24 Oktober 2023
Die geskorste uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), Andile Nongogo, is afgedank te midde van ‘n betalingsskandaal van R47-miljard.
NSFAS-amptenare het vandag aan die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, SKOOR, dié nuus oorgedra.
Die voorsitter van NSFAS se raad, Ernest Khoza, sê die besluit is gisteraand geneem nadat Nongogo tyd gegee is om sy kant van die saak te stel.
NSFAS het verlede week onthul dat ‘n ondersoek deur die regsfirma, Werkmans Prokureurs, en advokaat Tembeka Ngcukaitobi, bevind het dat Nongogo, onreëlmatig opgetree het toe vier firmas aangestel is om sowat 1,1-miljoen studente se toelaes direk te betaal – en nie deur middel van tersiêre instellings nie.