13 September 2021
Die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule se appèlaansoek teen ‘n vorige hofbeslissing, wat sy skorsing bekragtig het, is met koste van die hand gewys.
Magashule het die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg om appél genader weens sy skorsing, wat nié tersyde gestel is nie. Hy is in Mei geskors nadat hy ingevolge die ANC se opsystaanreël nié vrywillig van sy pos afstand gedoen het nie.
Dié reël bepaal dat alle ANC-lede, wat beskuldig word van misdade opsy moet staan of geskors word.
Magashule word onder meer by aanklagte van korrupsie betrek in verband met die omstrede Vrystaatse asbesdak-ouditprojek in die tyd wat hy premier van die Vrystaat was.
Stem vir die Aitsa’s