3 Mei 2023
Die bruid, wat verlede maand opslae gemaak het oor haar vreemde versoek aan ‘n fotograaf, het hom nou wéér genader om te versoek dat hy haar sogenaamde egskeidingsfoto’s moet neem.
Die fotograaf, Lance Romeo het in April skermskote van ‘n WhatsApp-gesprek op sy Facebook-blad gedeel waarin die bruid gevra het dat hy haar geld moet terugbetaal omdat sy geskei is en dus nie meer haar troufoto’s nodig het nie.
Romeo het die vrou se troufoto’s in 2019 geneem. Sy het in die boodskappe gesê dat sy die R12 000 terugsoek en het hom met regsaksie gedreig omdat daar geen duidelikheid in sy kontrak is, dat hy nie die geld sal terugbetaal nie.
LEES OOK: SOSIALE MEDIA GONS NOU WÊRELDWYD OOR GESKEIDE BRUID SE VREEMDE VERSOEK
Die vrou het Romeo nou weer gekontak waarin sy versoek dat hy foto’s van haar moet neem “om haar egskeiding te vier.” Hy het met skok gereageer aangesien die dreigemente wat sy vroeër teenoor hom gemaak het. Volgens haar is sy gemaklik met hom agter die kamera.
Sy het ook in die boodskappe om verskoning gevra vir haar vreemde versoek verlede maand, wat selfs die internasionale media bereik het.
Dit wil voorkom asof sy egter kop uitgetrek het omdat Romeo in sy boodskappe gesê het dat hy al sy foto’s op sosiale media plaas, daarom sal almal weet wie sy is.