Geseënde Christusfees Pretoria FM-familie


Luister nou

Volgende

Geseënde Christusfees Pretoria FM-familie

22 Desember 2023

2023 was ’n jaar van vele gebeurtenisse.

Pretoria FM het sy dertigste verjaarsdag luisterryk gevier. Ons het ’n wonderlike tyd van groei en vernuwing tegemoet gegaan. Ons het nuwe personeel verwelkom en van sekere staatmakers afskeid geneem.

Ons moes onder andere afskeid neem van ons bestuurshoof, Hennie Koortzen, wat die radio deur ’n dekade van vooruitgang gelei het.

Op die keper beskou was 2023 egter ’n besondere hoogtepunt vir Pretoria FM.

Die internasionale wêreld het ’n dubbele dosis van gewelddadige konflik en bloedvergieting beleef. Aanvanklik in Oekraïne en sedert 7 Oktober ook in Israel en Gaza. Daar is tans nog geen vooruitsig op ’n skietstilstand in die Midde-Ooste of in Oos-Europa nie.Hier in Suid-Afrika warm die gemoedere op in aanloop tot die 2024-verkiesing.

Partye vorm koalisies en alliansies met die oog op ’n moontlike pakt-regering wat Suid-Afrika dalk ná volgende jaar se verkiesing kan regeer, net soos 100 jaar tevore toe Afrikanernasionaliste en Engelssprekende arbeiders in die nasleep van die 1922-staking ’n pakt gevorm het wat die Suid-Afrikaanse party van generaal Jan Smuts verslaan het.

Eskom het vir die sestiende jaar sedert Suid-Afrika die eerste maal in 2017 beurtkrag begin kry het, gewys dat daar nog nie lig aan die einde van die donker elektrisiteitlose tonnel is nie. Die Poskantoor is bankrot en Suid-Afrika se ekonomie is effektief in ’n resessie.

Te midde van die onsekerheid, gerugte van oorlog en agteruitgang is daar wel vir ons een sekerheid. Dít is die sekerheid wat gebring is deur die Vredevors, soos Jesus Christus in Jesaja 9 beskryf word.

Hy het mens geword, vlees geword en onder gewone mense kom leef. Deur sy menswording het Hy Sy kinders kom leer hoe om te leef en met sy uiteindelike offer aan die kruis het Hy vir ons verlossing en vrede in ons harte gebring.

Ons vier vanjaar Kersfees, oftewel Christusfees met die wete dat, al woon ons in ’n wêreld van onvrede en onsekerheid, die vrede van Christus ’n vrede is wat alle verstand te bowe gaan. Mag ons ons daarin verlustig in hierdie feesgety.

Ons wens elke luisteraar, personeellid en ondersteuner van Pretoria FM ’n geseënde Christusfees en ’n voorspoedige en gelukkige 2024 toe.

Willie SpiesUitvoerende voorsitter: Pretoria FM

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Geseënde Christusfees Pretoria FM-familie


Luister nou

Volgende