Allegaartjie met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

George-tragedie plaas die kalklig op konstruksiebedryf, sê minister

8 Mei 2024

Die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi sê die ineenstorting van die woonstelblok in George dien as ‘n waarskuwing dat daar dringend meer aandag geskenk moet word aan veiligheidsregulasies binne die konstruksiebedryf.

Teen laat vanmiddag is 39 van die 75 werkers steeds vermis, terwyl die reddingspogings voortduur. Die gebou het Maandagmiddag ineengestort terwyl daar nog aangebou word.

Nxesi sê die laaste paar jaar was daar ‘n toename in die hoeveelheid geboue wat nie veilig is nie, en nie volgens maatreëls gebou word nie.

Hy het ook gevra dat mense geduldig moet wees, met sy department se ondersoek na die omstandighede van die voorval. Volgens hom gaan dit tyd neem gegewe die sensitiwiteit van die ondersoek.

Intussen sê die George munisipaliteit dat vrywilligers nou betrokke geraak het deur nooddienswerkers van Vitamien B-kompleksinspuitings te voorsien. “Die reddingswerkers werk sedert Maandagmiddag sonder ophou.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Allegaartjie met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende