3 Februarie 2023
Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe het Suid-Afrikaners gerus gestel dat daar genoeg kernbrandstof sal wees om Koeberg se reaktors mee te hervul.
Die brandstiof wat by Koeberg se twee reaktors gebruik word, word deur twee verskillende ondernemings uit Frankyk en die VSA verskaf en dit is nog nie bekend of die twee gemeng kan word nie.
Kommer het ontstaan nadat dit bekend geword het dat ‘n ooreenkoms – wat vir 25jaar geldig was – vertryk het, en gevolglik sal Suid-Afrika nie die nodige kernbrandstof uit die VSA kan invoer wanneer Koeberg se Nommer 1 reaktor volgende jaar hervul moet word nie.
Volgens Eskom moet die ooreenkoms op regeringsvlak beding word.
Mantashe sê daar is reeds in 2018 begin om ‘n nuwe ooreenkoms te beding, maar dat dit ingewikkeld is en lank neem om te beklink.