Gemoedere loop hoog buite Piet Retief-landdroshof


Luister nou

Volgende

Gemoedere loop hoog buite Piet Retief-landdroshof

19 April 2021

‘n Groep verdagtes verskyn vandag in die Piet Retief-landdroshof in Mpumalanga na ‘n skietvoorval op die Pampoenkraalplaas in die Dirkiesdorp-omgewing op 9 April.

Vyf mans sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Vier verdagtes is na die voorval in hegtenis geneem, terwyl ‘n vyfde verdagte later die week in hegtenis geneem is. Hy het glo Vrydag in die hof verskyn en sal na verwagting vandag saam met die ander vier verdagtes verskyn.

‘n Sesde persoon is volgens berigte ook glo in hegtenis geneem.

Die saak kom nadat die broers Amos en Zenzele Coka op die plaas doodgeskiet is. Hulle was na bewering deel van ‘n groot groep mense wat op die plaas was op soek na werksgeleenthede.

Volgens berigte het ‘n betoging glo ontstaan, waarna boere na bewering aangerand is en plaaswerkers verjaag is. Skote is glo uit noodweer afgevuur.

Intussen is polisiebeamptes op hoë gereedheidsgrondslag met honderde betogers, wat sedert vroeg vanoggend buite die hof saamdrom. Die hofgebou is egter afgesper.

Die polisie moes ook skokgranate inspan weens betogers, wat glo oproerig geraak het.

https://twitter.com/Internl_Leaks/status/1384060915788619780
https://twitter.com/SiphamandlaGoge/status/1384054924539924483

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Gemoedere loop hoog buite Piet Retief-landdroshof


Luister nou

Volgende