22 Junie 2023
Gemiddelde salarisse in Suid-Afrika het verlede maand verder gedaal namate stygende inflasie, lae sakevertroue en deurlopende kragonderbrekings steeds druk op die arbeidsmark plaas.
Volgens ‘n BankservAfrica-verslag oor die indeks wat salarisse ná aftrekkings meet, het die gemiddelde nominale maandelikse salarisse in Mei met 2,7% gedaal tot R14 457 – teenoor die vorige jaar.
Sodra dié syfer aangepas word vir inflasie het dit met 8,8% gedaal.
Opnames wat deur Rand Aksepbank en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek gedoen is, dui daarop dat Suid-Afrikaanse sakevertroue vir vyf agtereenvolgende kwartale gedaal het en op dieselfde laagtepunt is as wat dit tydens die kruin van die koronaviruspandemie was.
