29 Julie 2021
Die parlementêre komitee wat aangewys is om die proses te bestuur om ondersoek in te stel na die bevoegdheid van die openbare beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, se werksaamhede is ook nou in die weegskaal.
Dit volg nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof bevind het dat die onafhanklike paneel – wat aangewys is om ondersoek in te stel na haar bevoegdheid – ongrondwetlik is.
Mkhwebane het die hof genader om die parlementêre reëls wat gebruik word om haar in ‘n staat van beskuldiging te plaas – ongeldig te verklaar.
Die OB sê die huidige parlemetêre komitee moet onmiddelik sy werksaamhede staak terwyl die wetgewer sy fout regstel.
Hou Afrikaans op die lug