23 Maart 2022
Solidariteit het die verdere verslapping van die Covid-19-regulasies verwelkom, maar sê dit is nie genoeg nie.
Volgens president Cyril Ramaphosa sal maskers voortaan nie meer in die buitelug verpligtend wees nie. Die dra van maskers is steeds in openbare binnenshuise lokale verpligtend. Dit sluit openbare vervoer in.
Die hoeveelheid mense by byeenkomste verander ook. Ramaphosa sê lokale buite en binne kan 50% vol wees, indien ‘n bewyse van ‘n Covid-19-inenting of ‘n negatiewe Covid-toets (nie ouers as 72 uur nie) deur die lokaal aangevra word.
LEES OOK: AFRIFORUM NADER HOF NA RAMPTOESTAND WÉÉR VERLENG WORD
Solidariteit se voorsitter Flip Buys sê die regering poog om deur die nuwe gesondheidsregulasies die ramptoestand in plek te hou.
Buys sê die regering wil deur gesondheidregulasies tydelike magte permanent maak en abnormale magte in normale omstandighede behou. Solidariteit sê hy gaan ‘n alliansie van burgerlike organisasies vorm om dele van die nuwe gesondheidsregulasies, wat die regering beoog om te implementeer, uit te daag.
Die DA sê ook die volharding met die ramptoestand is sinneloos, en verhoed ‘n volle herstel van die ekonomie.
LEES OOK: STAATSREDE: “RAMPTOESTAND SAL EINDIG SODRA PANDEMIE OP ANDER MANIER HANTEER KAN WORD”
Die DA se Cilliers Brink sê stadions moet ook toegelaat word om teen volle kapasiteit oopgemaak te word, en daar moet weggedoen word met reëls vir die werkplek oor gesonde afstande.
Die party sê die enigste ding wat hy nog steun is die betaling van die Covid-19 toelaag aan armes.