1 April 2022
Die VF Plus het die aanstelling van generaal Fannie Masemola as nuwe nasionale polisiekommisaris verwelkom, maar bevraagteken die proses wat gevolg is om hom aan te wys.
Die party se leier dr. Pieter Groenewald sê Masemola het wel ervaring in die polisiediens, maar die geheimhouding wat gevolg is met die proses, skep die indruk dat dit steeds ‘n politieke aanstelling is.
LEES OOK: BLITSBERIG: GENERAAL KHEHLA SITOLE AFGEDANK
Die DA se skaduminister van polisie Andrew Whitfield sê Masemola se grootste uitdaging gaan wees om nie die polisie minister Bheki Cele se boeliegedrag te duld nie, en om te wys dat hy nie die minister se skoothond is nie.
Masemole is gister aangestel op die laaste dag waarin die voormalige kommissaris, generaal Khehla Sitole dié pos beklee het.