Gelykheid lyk nie so nie


Luister nou

Volgende

Gelykheid lyk nie so nie

Nuuskommentaar: 24 Junie

Deur: Johnell van Vollenhoven

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is nie ʼn vreemde konsep nie. In Suid-Afrika word dit in elke sektor geïmplementeer en daar word byna daagliks gepoog om hierdie maatreëls meer afdwingbaar en meer omvattend te maak. Die groot dryfveer hieragter: die ANC-regering en ander partye soos die EFF wat hoofsaaklik uit swart lede bestaan en ʼn oorwegend swart ondersteuningsbasis het.

Die ironie hiervan, natuurlik, is dat hierdie groep nie net die regering van die land vorm nie, maar ook die meerderheidsbevolking in Suid-Afrika is. Hul grootste argument om hierdie standpunte te regverdig, af te dwing en te implementeer, is die vorige regering se apartheidswetgewing wat teen hulle gediskrimineer het. Wat hulle egter graag versuim om te noem, is dat hierdie wetgewing nie net teen swart mense gediskrimineer het nie. Hulle versuim ook ewe graag om te noem dat hul eie regering, wat nou al vir 27 jaar lank aan bewind is, in werklikheid nie veel gedoen het om ongelykheid of agterstande op grondvlak aan te pak nie en in werklikheid die land gestroop het deur onkunde en onvermoë in elke staatsentiteit, regeringsvlak en selfs die privaat sektor te ontplooi met behulp van regulasies.

In ‘n verdere poging om kiesers gelukkig te hou en hul sosialistiese rasse-ideologie af te dwing, word daar gepoog om verdere regulasies in plek te stel, en dit wil blyk asof elke individu tot in die fynste persoonlike kapasiteit nou in elke oomblik aanspreeklik gehou kan word vir enige iets wat net kan lyk of dit diskrimineer – en dit bloot omdat die regering in 27 jaar weinig vooruitgang kon teweegbring en byna geen opheffing van sy eie bevolkingsgroep kon bewerkstellig nie, om nie eens te praat van ander groepe nie.

Hoe moet gelykheid dan lyk? En hoe kry ʼn land met soveel etniese groepe, tale en kulture dit dan reg?

Die maklikste antwoord is opvoeding. En dan desentralisering. Wat die staat moet doen, is om te sorg dat belastinggeld reg aangewend word deur infrastruktuur op te gradeer, in stand te hou en op te rig waar daar nie is nie, en dan veral te fokus op onderwys en opleiding van voorskoolse tot tersiêre vlak. Hier moet hy akademiese vooruitgang sowel as die aanleer van vaardighede en die praktiese toepassing van kennis stimuleer. Hy moet die begroting, wat grootliks vir onderrig geoormerk word, korrek aanwend sodat alle kinders die onderrig in hul moedertaal kan ontvang en kan ontwikkel, en sodat hulle as jongmense sekere grondslagvaardighede het wat hulle in staat sal stel om die arbeidsmark te betree sou hulle nie verdere opleiding wou ontvang nie.

En dan moet die staat terugstaan. Hy moet die privaat sektor toelaat om die beste kandidaat vir die posisie aan te stel sonder dat wetgewing dit voorskryf. Hy moet minimumloon skrap en eerder alles in sy vermoë doen om ʼn stabiele omgewing te skep wat groei sal stimuleer en beleggings sal lok. Wat die staat tans doen, is om almal wat nie onder sy eksklusiewe SEB-sambreel val nie, te vervreem. Gemeenskapsgroepe verkies om hul arbeid, tyd en geld te onttrek en dit eerder aan te wend en beskikbaar te stel in ʼn kleiner gemeenskapsekonomie waar staatsinmenging so ver moontlik beperk kan word. Dus word sekere gemeenskappe sterker en hulle bewerkstellig hul eie vooruitgang. Sonder die staat. Sonder om afhanklik te wees, en met sukses.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Gelykheid lyk nie so nie


Luister nou

Volgende