20 Januarie 2022
Een van die lande se voorste skaakafrigters en administrateurs Chris Greyling is in die ouderdom van 84 oorlede.
Die Facebook-groep Tshwane-Chess het hulde aan hom gebring. Greyling het reeds sedert 1977 meer as 6000 junior skaakspelers afgerig. Talle van sy leerlinge het ook dan SA kampioene geword. Greyling het veral gefokus op die grondfase van skaak en het ook die boek, Skuif na Prestasie gepubliseer waarin skaakreëls bespreek word.

Jaarliks word die Chris Greyling toernooi in Pretoria aangebied. Die toernooi is na hom vernoem vir die besondere bydrae wat hy vir skaak in Pretoria gelewer het.
Oom Chris – soos hy bekend gestaan het – het ook vroeër ‘n reeks oor skaak op Pretoria FM aangebied.