GELIEFDE KINDERBOEKSKRYWER, MARTIE PRELLER, SE LAASTE HOOFSTUK GESKRYF


Luister nou

Volgende

GELIEFDE KINDERBOEKSKRYWER, MARTIE PRELLER, SE LAASTE HOOFSTUK GESKRYF

6 Maart 2023

Die ATKV het op sy sosialemediaplatforms bevestig dat die bekende kinderliteratuurskrywer, Martie Preller, in die ouderdom van 74 oorlede is.

Sy is op 2 November 1948 in die akkerboomryke Potchefstroom in Noordwes gebore.

Sy het vroeër op storiewerf.co.za geskryf:

“Ek is op Potchefstroom gebore – altans – my lyf is daar gebore en het daar grootgeword. Mens se kop/siel/gees – dít of wat jou ook al uniek jy maak, swerf mos maar orals rond – deur al die boeke wat jy lees – deur al die mense se lewens wat jy ken en ontmoet en van hoor, deur alles wat met jou gebeur en wat jy laat gebeur, waar jy is en nie is nie.”

Preller het haar drie kinders en kleinkinders as ’n heerlikheid beskryf. “Augustinus het gesê die liefde is soos ‘n klip: dit hou jou op die grond. Kinders is soos klippe. Hulle hou jou op die grond, anker jou in die lewe self. Dis ook een van die redes waarom ek hoofsaaklik vir kinders geskryf het en nog skryf. Kinders is plat op die aarde, nie êrens op ‘n plek waar hulle dink hulle behoort te wees nie, en hulle weet nog dat hulle vlerke het. Ons is aardsgebonde, maar ook onbeperk, dink ek.”

Preller was 40 jaar oud voordat sy volstoom begin skryf het. Balkie – wat as ’n uiters gewilde rubriek in die Rooi Rose-tydskrif begin het – asook Babalela het kinderharte gesteel. In 2000 is die eerste Balkie-boek gepubliseer en Balkie is in 2001 bekroon met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Alba Bouwerprys vir kinderlektuur.

Preller se afsterwe laat ’n reuseleemte in Afrikaanse skryfkringe en sal vir altyd onthou word as een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers.

Fotokrediet: landofbooks.org

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

GELIEFDE KINDERBOEKSKRYWER, MARTIE PRELLER, SE LAASTE HOOFSTUK GESKRYF


Luister nou

Volgende