Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Géén Vrystaatse munisipaliteit kry ‘n skoon oudit nie

3 Septemener 2024

Die DA sê dit is duidelik in die lewensgehalte van Vrystaatse-inwoners dat munisipaliteite in dié provinsie nié na behore bestuur kan word nie. 

Dít kom nadat die ouditeur-generaal se verslag vir die 2022/2023-boekjaar getoon het dat géén Vrystaatse munisipaliteit ‘n skoon oudit ontvang het nie.

‘n DA-lid in die provinsiale wetgewer, Dave McKay sê wat meer kommerwekkend is, is dat die OG in haar verslag aangedui het dat daar minstens 10 munisipaliteite is wat nié genoeg kontant het om die basiese bedryfskostes vir ‘n maand te dek nie.

Hy sê dit is duidelik in die gebrek aan dienslewering. Volgens McKay het munisipalieite in die Vrystaat van die hoogste gesamentlike skuld aan diensteverskaffers. Die betrokke munisipaliteite skuld in totaal meer as R16-miljard aan Eskom en onderskeie waterrade.

Hy sê die munisipaliteite sukkel ook om inkomste in te vorder, wat dit moeilik maak om dienslewering te verseker. Die OG, Tsakani Maluleke het in haar verslag gesê dat daar 13 munisipaliteite is wat se finansiële situasie reeds vir die afgelope vyf jaar uiters kommerwekkend is.

Dit sluit die munisipaliteite in wat onder meer Ladybrand, Bothaville, Warden, Reitz, Vrede en Bultfontein bedien. Ook die Mangaung-metro in Bloemfontein wek kommer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende