Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Geen nuwe hoërskole in Gauteng weens ‘n tekort aan persele

22 Mei 2023

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane sê hulle bou nie meer hoërskole in die provinsie se voorstede nie weens ‘n tekort aan persele.

Verlede jaar se aanlyn toelatingsregistrasieproses het ouers die harnas ingejaag nadat ‘n groot aantal leerders – weens ‘n tekort aan plek – nie by skole naby aan hulle huise geplaas is nie.

Die 2024 aanlyn toelatingsproses vir voornemende graad 1 en 8 leerlinge is amptelik bekendgestel.

Aansoeke sal op 15 Junie 2023 open en op 1 Julie 2023 sluit, waarna die departement vanaf 4 September sal begin om leerlinge in skole te plaas.

Chiloane sê sodra daar eiendom beskikbaar word, sal nuwe hoërskole gebou word. “Al kan daar nie tans skole gebou word nie, sal ons seker maak dat alle leerlinge wel plek in skole het.”

Hy sê sy departement prioritiseer nou nie bou van skole in informele nedersettings omdat kinders in dié gebiede nie noodwendig kan reis tot by voorstede om skool by te woon nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpsUsB5XkAAKkI0

Paastyd padsterftes neem met 45,6% af

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Meloni blom in besoek aan Trump
Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende