Géén komitee sal Phala Phala ondersoek nie


Luister nou

Volgende

Géén komitee sal Phala Phala ondersoek nie

23 Maart 2023

Die parlement sal nie ‘n ad hoc-komitee op die been bring, om die Phala Phala bewerings te ondersoek nie.

Dit kom nadat die ANC, Good, die NFP en Al Jama’ah gisteraand besluit het om nié ’n DA-versoek vir so ondersoek te ondersteun nie.

Die ANC sê hy is oortuig daarvan dat die voorgestelde ad hoc-komitee ’n poging is om ’n reaksionêre staatsgreep van stapel te stuur. Die party het die versoek verder as opportunisties beskryf.

Die DA leier John Steenhuisen sê die ANC probeer om president Cyril Ramaphosa te beskerm, omdat daar kwessies is wat ongerieflik is vir hom, sou hy ondersoek word vir die beweerde diefstal van buitelandse valuta op sy wildsplaas.

Die DA, die EFF, die VF Plus en die ACDP het in die Nasionale Vergadering ten gunste van so ‘n komitee gestem.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Géén komitee sal Phala Phala ondersoek nie


Luister nou

Volgende