15 April 2024
Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Cogta, sê geen beserings is aangemeld tydens die kitsoorstromings wat gisteraand in die suide van KwaZulu-Natal voorgekom het nie.
Inwoners en sake-ondernemings het vanoggend begin met ‘n skadebepaling nadat swaar reën gister oor die Suidkus en omstreke uitgesak het.
Dit volg nadat die weerdiens ‘n vlak-5 waarskuwing uitgereik het en 200-millimeter reën in minder as 24-uur in sommige streke uitgesak het.
Rampspanne bly op ‘n hoë-gereedheidsgrondslag met die gure weer wat na verwagting nog vir die res van die dag sal voortduur.
