28 Julie 2022
Die ANC se tesourier-generaal, Paul Mashatile, sê dié party se gala-dinee is byna gisteraand gekanselleer weens ‘n gebrek aan belangstelling.
Verskeie leë sitplekke is opgemerk – onder meer by president Cyril Ramaphosa se tafel.
Individue en sake-ondernemings kon sitplekke by dié geleentheid koop teen pryse wat wissel van R15000 tot R1-miljoen per plek.
Die geleentheid word jaarliks deur die party se progressiewe besigheidsforum gereël en word gesien as die wegspringplek vir die party se beleidskonferensie.
In die verlede het die gala-dinee sakelui gelok wat oor hulle voete geval het om met die politieke-elite skouers te skuur tydens die geleentheid wat gebruik word om geld in te samel om die party se koffers te vul.