2 Maart 2022
Die tegnologiemaatskappy, Apple het aangekondig dat geen van sy produkte in Rusland verkoop sal word nie nadat Russiese troepe Oekraïne verlede Donderdag binnegeval het.
Hoewel Apple geen fisieke winkels in Rusland het nie, stuur die maatskappy sy selfone, rekenaars en tablette na Rusland om in ander winkels verkoop te word of om aanlyn te koop.
Volgens ‘n Apple-woordvoerder, Fred Sainz beperk die maatskappy ook nou twee toepassings van Russiese staatsmedia, Sputnik en RT sodat dit voortaan net in Rusland gebruik kan word.
Hy sê sy toepassing, AppleMaps wys ook nie meer verkeer in Oekraïne nie in ‘n poging om landsburgers te beskerm.