13 September 2023
Eskom het ‘n beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik – te midde van koeler weer wat tans regdeur die land ondervind word.
Die kragverskaffer sê die geskatte verbruik teen spitstyd vanaand beloop nege-en-twintig-duisend-ses-honderd-en-nege megaWatt – wat aansienlik meer is as wat tans opgewek kan word.
Fase-6 beurtkrag word op die oomblik deurlopend toegepas en volgens Eskom kan hoër beurtkragfases moontlik volg indien die vraag na elektrisiteit drasties sou toeneem.
