3 Mei 2021
Die departement van visserye, bosbou en omgewingsake het met stappe begin om die geblikteleeubedryf tot ‘n einde te bring.
‘n Adviespaneel wat deur die departement aangestel het, het voorgestel dat die teel van leeus, die aanhouding van leeus in kampe en die gebruik van die leeus vir kommersiële doeleindes uitgefaseer moet word.
Volgens die minister Barbara Creecy bedreig die geblikte leeubedryf die bewaring en voortbestaan van wilde leeus omdat dit stropery en sluikhandel aanwakker.
Hy meen dit skaad Suid-Afrika se beeld as bewarings- en toerismebestemming. Sy het bygevoeg halfmak leeus het geen bewaringswaarde nie.
Creecy sê die uitfasering van die bedryf sal nou in oorleg met leeuboere geskied.