Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het in reaksie op die Andrew Whitfield-gebeure gesê “dat sogenaamde wit bevoorregting jou laat dink dat jy nié toestemming hoef te kry om te reis nie.”
Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa in ’n mediaverklaring bevestig het dat hy die DA-LP en adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfield afgedank het omdat Whitfield ‘n internasionale reis – na Amerika – onderneem het sonder toestemming van die president.
Die DA voer egter aan dat Whitfield probeer het om toestemming te kry. Whitfield het in Februarie saam met ‘n DA-afvaardiging die VSA besoek om oor handelsverhoudinge te gesels.
McKenzie het op sy sosiale media profiel geskryf dat dit onaanvaarbaar is om verwag dat die reëls nie op jou van toepassing is nie, en meen die kabinet het in 2024 gedurende hulle inlywing die reisprotokolle behandel en meen niemand was daarteen nie.
6 Responses
I do not know why Gayton Mckenzie always mentioned White Priveleged. Why can he just say everybody has to face the same if they are in wrongdoing. Nee man Prezzie.
Gayton, hou jou rassistiese opmerkings vir jouself. Jou politiese onderrok hang ver uit. Jy beindruk NIEMAND nie!
Ek stem Riaan.
As daar nou een persoon is wat jy wraggies nie kan vertrou nie is dit nou hierdie Gayton. Hy is ‘n “smooth talker” wat jou heuning smeer en net daar omdraai en in die rug steek.
Hoe bring jy sg. “Wit bevoordeling” en die ignoreer van ‘n aansoek om reisgoedkeuring in verband? Dit is duidelik dat dit nie daaoor gaan maar omdat hy ongemaklike vrae begin vra het.
Ai hoe verskyn Gayton se ware kleure nou!
Ek het gedink jy is ‘n vars bries maar die verotting van jou korrupte politieke maatjies is nou ook deel van jou gene.
Probeer om net een keer iets intelligents te sê.
As jy nie kan nie, hou liewer jou mond. Salomo sê dit sal verhoed dat jou lae vlak van intelligensie manifesteer
Ek dink die president het meer as genoeg tyd gehad om sy epos te beantwoord om hom mee te deel wat sy gevoel is of hy kan gaan of moet bly.
Maar soos alles in die huidige regering is hulle atyd te laat teruvoer te gee of om op te tree en daar is menigte van die voorbeelde daarvan vandat hulle aan die stuur gekom het.
2 weke is n baie, baie lang tyd in ag geneem dit sal sy departement n minuut geneem het as hulle n beckwame tikster in diens gehad het om te antw.
Maar weereens nie een depth het goeie laevlak,medium vlak of hoe vlak bestuur nie, nou wat anders kan jy verwag.