Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Gautengse onderwyseres dood – 2 weke na dogtertjie se geboorte

21 April 2021

‘n 26-jarige onderwyseres van die Laerskool Dr. Havinga in Witpoortjie, Roodepoort is Sondag dood – twee weke nadat haar dogtertjie gebore is.

HELLP-sindroom is op 2 April by Simoné van Zyl gediagnoseer. Die sindroom veroorsaak dat die bloedplaatjietelling verlaag en dit lei tot bloedarmoede.

Haar en haar man, Juri se baba, Juané is op 4 April op 29 weke tydens ‘n keisersnee gebore.

Foto: Simoné van Zyl – Facebook

Juri het aan Netwerk 24 gesê dat sy vrou later ontslaan is, maar is twee dae later weer opgeneem nadat haar toestand versleg het. Sy het Sondagoggend ‘n epileptiese toeval en toe ‘n hartaanval gehad.

Hulle baba sal nog in die hospitaal moet bly.

Juri het op sy Facebook-blad geskryf dat hy nog nie sin van sy vrou se dood kon maak nie. Hy sê sy dwaal in sy gedagtes rond. Hy het Simoné verder beskryf as opreg, eerlik, onselfsugtig en hardwerkend.

Die Laerskool Dr. Havinga het in ‘n Facebook-inskrywing hulde gebring aan Simoné en meen sy los ‘n groot leemte in almal se lewens. Hulle het hulle medelye betuig met Juri, Juané en ander naasbestaandes.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Untitled design (6)

Drie dood, twaalf beseer ná bus by brug afstort

VULLIS

AfriForum: Dien insette in oor die “Tshwane-metro se infrastruktuur wat in duie stort”

cyril en trump3

VSA sal steeds ‘n sleutelrol in die G20 speel

GrzENSmWQAAKlyv

Malema “dankbaar” oor blootstelling danksy Trump

Geld-3

Kripto nie onderhewig aan valutabeheerregulasies nie – op die oomblik

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-27 135459
Voormalige US-student onskuldig bevind – twee jaar ná urine-voorval
Bloemfontein,_Free_State,_South_Africa_(20349855518)
Die VF Plus het bedenkinge oor die Mangaung-metro se hersiene geïntegreerde ontwikkelingsplan
School,Classroom,With,Blackboard
Drie provinsies bestee té min geld om leerlinge op skoolbanke te hou
Untitled design (6)
Drie dood, twaalf beseer ná bus by brug afstort
VULLIS
AfriForum: Dien insette in oor die “Tshwane-metro se infrastruktuur wat in duie stort”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende