14 Maart 2024
Die departement van gesondheid in Gauteng het belowe om die agterstand in toksikologie- en histopatologiegevalle by forensiese patologiedienste in dié provinsie op te los.
Die agterstand in toksikologiegevalle in die provinsie staan tans op 17 000, terwyl histopatologiegevalle net meer as 7 000 is. Histopatologie behels die studie van siektestoestande in weefsel.
Toksikologie-verslae gee ‘n aanduiding van die soort en hoeveelheid wettige en onwettige middels wat in die oorledene se liggaam is, deur te meet hoeveel van die stowwe in hulle liggaamsvloeistowwe is, terwyl histopatologie behels dat weefsels en / of selle onder ‘n mikroskoop ondersoek word.
Volgens die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, dateer sommige van dié sake so ver terug as 2007.
Motalatale sê die agterstand kan aan ’n kombinasie van faktore toegeskryf word.