“Gauteng se fokus verskuif van Covid-19 ramp na ekonomiese ramp,” sê premier


Luister nou

Volgende

“Gauteng se fokus verskuif van Covid-19 ramp na ekonomiese ramp,” sê premier

21 Februarie 2022

Die premier van Gauteng David Makhura sê die provinsiale regering sal nou sy fokus verskuif van die Covid-19 ramp, na die ekonomiese ramp in die provinsie.

Makhura het ‘n oorlogskamer aangekondig, wat oor die volgende twee jaar sal fokus op die heropbouing van die ekonomie.

Makhura sê die lesse wat tydens die pandemie geleer is, soos om beter met die provinsiale en die nasionale regerings saam te werk, sal toegepas word om basiese dienste, behuising, mediese dienste en onderrig te lewer.

Hy sê ook dat meeste van hul projekte en planne om werk te skep en die ekonomie te laat groei, in die wiele gery is deur die Covid-19 pandemie.

Makhura sê die provinsiale regering sal daarop fokus om die kannabis bedryf in Gauteng uit te brei, om beter internet dienste te lewer aan klein besighede, en om die township ekonomie te laat floreer, deur dit te formaliseer.

https://twitter.com/GP_CommSafety/status/1495710120361275394

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Ander Nuus Artikels

NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings
WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring

“Gauteng se fokus verskuif van Covid-19 ramp na ekonomiese ramp,” sê premier


Luister nou

Volgende