Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Gauteng misdaadstatistiek bekend gemaak

28 Mei 2021

Die Gautengse polisiekommissaris, generaal Elias Mawela het vanoggend dié provinsie se misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2020/ 2021 boekjaar bekend gemaak. 

Die syfers is dus vir die tydperk van 1 Januarie 2021 tot 31 Maart 2021.

LEES OOK: POLISIEBEAMPTE VAS NADAT HY NA BEWERING ‘N MAN BUITE ‘N DRANKWINKEL DOODSKIET

In dié tydperk is 966 moorde in Gauteng gepleeg teenoor 930 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is ‘n toename van 3,9%. Poging tot moord het toegeneem van 1005 gevalle tot 1055 gevalle vanjaar. 

Luidens die grafiek, is die meeste moorde in ‘n openbare plek soos ‘n veld gepleeg, gevolg deur die slagoffer of beskuldigde se huis.

Huisrooftogte het afgeneem met 1751 gevalle vanjaar teenoor 1773 gevalle in dieselfde tydperk verlede jaar.

Volgens Mawela het alle eiendom-verwante rooftogte afgeneem, behalwe vir veediefstal wat ‘n toename van 17,6% getoon het.

LEES OOK: MYNBESTUURDER IN SY MOTOR DOODGESKIET

By die Ivory Park-polisiestasie in die Ekuruhuleni-metro is die meeste moorde in Gauteng aangemeld. Vanjaar is 40 moorde hier aangemeld teenoor 19 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dis ‘n toename van meer as 100%. Dié polisiestasie is nasionaal in die negende plek van die hoeveelheid moorde aangemeld.

In Hillbrow is 27 moorde teenoor 20 verlede jaar aangemeld. Dit is ‘n toename van 35%.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende