4 Junie 2021
Openbare- en privaathospitale in Gauteng het nog net ongeveer ‘n kwart van die beddens – wat vir Covid-19 pasiënte gereserveer is – tot hulle beskikking.
Volgens die provinsie se verslag wat vandag uitgereik is, is daar nagenoeg ‘n duisend beddens nog beskikbaar terwyl ongeveer 3 000 beddens tans deur Covid-19 pasiënte beset word.
Volgens dié verslag is net minder as ‘n duisend van dié pasiënte tans in intensiewe- en hoësorgeenhede vir behandeling.
Meer as 15 000 nuwe gevalle is die afgelope week in dié provinsie aangemeld met brandpunte in die sentrale gedeeltes van Pretoria en die westelike voorstede van die stad.
Talle skole moes ook tydelik hulle deure toemaak nadat meer as twee-duisend gevalle by onderwysers, leerders en ondersteuningspersoneel aangemeld is.