Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Deur: Maryna Eksteen

Gauteng het op 30 Junie 2025 ’n tweede betalings van R3,377 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gemaak – deel van sy aandeel aan die omstrede e-tolskuld wat steeds die provinsiale begroting kniehalter.

Meer as ’n dekade nadat die Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) van stapel gestuur is, betaal die provinsie steeds bloedgeld vir ’n e-tolstelsel wat nooit volhoubaar was nie.

In 2023 is daar uiteindelik besluit om die e-tolstelsel af te skaf. Volgens ’n ooreenkoms tussen die nasionale en provinsiale regering moes Gauteng 30% van die skuld betaal – sowat R4,8 miljard plus rente – terwyl die nasionale tesourie die oorblywende 70% dra.

Die eerste betaling van R3,8 miljard is op 30 September 2024 gemaak, en met die jongste betaling op 30 Junie hierdie jaar het Gauteng reeds bykans die helfte van sy verpligting nagekom. Maar die druk op die provinsiale begroting neem toe.

“Ons is nie bankrot nie, die geld is net op,” het Lebogang Maile, Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, in Maart tydens ’n mediakonferensie gesê. “Ons het ’n verantwoordelikheid om hierdie skuld af te betaal, maar dit plaas wel groot druk op ander areas van dienslewering.”

Hoewel Maile belowe het dat kernsektore soos onderwys en gesondheid nie geraak sal word nie, is herprioritisering onafwendbaar. Die provinsie het reeds sowat R400 miljoen ekstra ingesamel deur verbeterde invorderings en kostebesnoeiings onder wat beskryf word as ’n “Revenue Enhancement Strategy”.

Die werklikheid is egter dat miljarde rande wat vir ontwikkeling, werkskepping of infrastruktuur gebruik kon word, nou bestee word aan die afbetaling van skuld – vir ’n projek wat vanuit die staanspoor onder openbare kritiek deurgeloop het.

Motoriste betaal dalk nie meer vir e-tol nie, maar belastingbetalers dra steeds die las. Volgens die departement word bykomende R4,1 miljard opsy gesit vir padinstandhouding – ’n voortgesette koste wat aan die oorspronklike e-tolprojek gekoppel is.

 

In ’n provinsie waar ekonomiese ongelykheid en jeugwerkloosheid reeds groot uitdagings is, beteken die verpligting van sowat R3,4 miljard per jaar tot 2029 ’n beduidende vermindering in geld wat vir ander prioriteite beskikbaar is.

Die verhaal van Gauteng se e-tolskuld is nie net een van skuldsyfers en begrotingslyne nie. Dit is ’n harde les in beleidsfoute, miskenning van openbare teenkanting en die langtermyngevolge van swak beplanning – met die belastingbetaler wat uiteindelik die prys betaal.

Kernsyfers in oënskou:

  • Totale skuld aan Sanral: R15,9 miljard
  • Gauteng se verantwoordelikheid: 30% (R4,8 miljard + rente)
  • Eerste betaling: R3,8 miljard (Sep 2024)
  • Tweede betaling: R3,377 miljard (Jun 2025)
  • Rente reeds verskuldig: R3,3 miljard
  • Addisionele instandhoudingskoste: R4,1 miljard
  • Inkomsteverhogingstrategie: R400 miljoen ingesamel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende