17 Augustus 2021
Die departement van onderwys in Gauteng sê sy aanlyn toelatingswebtuiste vir plek in skole in 2022 sal tydelik nie beskikbaar wees nie weens dringende herstelwerk wat aan dié stelsel gedoen moet word.
Volgens die departement se woordvoerder, Steve Mabona sal die stelsel vir die volgende 48 uur nié gebruik kan word nie.
Hy sê dit beteken dat ouers en voogde wat onder fase 1 aansoek doen vir plasings in skole, nie toegang tot die webtuiste sal hê nie.
Leerlinge wat in graad 7 in ’n openbare skool is, kan tydens fase 1 van 10 Augustus tot 3 September vir ’n plek in ’n hoërskool aansoek doen.
Volgens Mabona sal die departement ouers inlig sodra die probleem opgelos is. Intussen sê die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi dat aansoeke wat reeds ingedien is nié hierdeur geraak word nie.
Hou Afrikaans op die lug