7 April 2021
Die eienaar van ’n gasteplaas naby Kareedouw in die Oos-Kaap moet op 24 Mei weer in die hof verskyn nadat hy gister in hegtenis geneem is in verband met die dood van twee jong mense, wat op sy gasteplaas tuis gegaan het.
Die 25-jarige Jéan Vosloo en sy 28-jarige verloofde, Mari Hoon is op 26 April verlede jaar in dié Zuuranys gasteplaas se stort weens koolstofmonoksied-vergiftiging dood.

Volgens die polisiewoordvoerder, sersant Majola Nkohli het die polisie aanvanklik ‘n geregtelike doodsondersoek begin om die oorsaak van hul dood vas te stel, aangesien daar geen sigbare beserings was nie.
Hy sê ‘n toksikologie-verslag het egter bevind dat hulle aan koolstofmonoksied-vergiftiging dood is.
Volgens Nkohli het die 47-jarige eienaar reeds gister vir die eerste keer in die landdroshof in Humansdorp op twee aanklagte van moord verskyn. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.