My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

“Gaan stem met geesdrif,” vra president

25 Oktober 2021

President Cyril Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief ‘n beroep op mense gedoen om op 1 November met groot geesdrif vir hulle gunsteling politieke party te stem. 

Hy meen dié munisipale verkiesing is ‘n geleentheid vir mense om seker te maak dat hulle stemme gehoor word en om ‘n verskil in hulle daaglikse lewens te maak. Volgens hom is dit ook ‘n geleentheid om die verskillende verteenwoordigers in hulle wyke verantwoordbaar te hou. 

President Ramaphosa meen dit is elke Suid-Afrikaner se siviele plig om te stem omdat die land hom tans in ‘n baie moeilike tyd bevind. Daar is ongeveer 94 000 kandidate in dié verkiesing insluitend onafhanklike kandidate. 

Hy skryf verder dat dié verkiesing belangrike kwessies aanspreek, wat mense se daaglikse lewens raak soos water en elektrisiteit, openbare dienste asook infrastruktuur. 

Hy het ook verder ‘n beroep op plaaslike wyksraadslede gedoen om met ‘n duidelike plan moontlike beleggers in hulle gebiede te nader.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende