Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

Gaan jou eiendomswaardasie na, vra DA in Pretoria

3 Maart 2025

Die DA in die Tshwane-metro doen ’n beroep op eiendomseienaars om na te gaan of die munisipale waardasie van hul eiendom akkuraat en regverdig is. Indien eiendomseienaars beswaar wil aanteken moet dit voor Vrydag 2 Mei gedoen word.

Die metro het pas eiendomme herwaardeer met die doel om eiendomstariewe te hef wat van 1 Julie af betaalbaar sal wees.

Die munisipale waardasierol – wat inligting van elke belasbare eiendom bevat – is op die Tshwane-metroraad se webwerf asook by munisipale kantore beskikbaar vir besigtiging.

Die DA het intussen die stadsbestuurder laat weet dat eiendomseienaars nog nie in kennis gestel is van die herevaluering van hul eiendom deur middel van pos of e-pos nie, hoewel dit ingevolge die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting vereis word.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het op sy beurt die publiek aangespoor om hul besware eerder vroeër as later in te dien.

“Die waardasierol beteken die munisipaliteit het bepaal wat hulle dink jou eiendom werd is en vanaf 1 Julie 2025 sal jou eiendomsbelasting hierop gegrond wees,” sê Outa.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

490680875_3643518662459829_7446549436871041958_n

Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind

Classroom,Of,The,School,Without,Student,And,Teacher

Studie: Al hoe meer onderwysers tree vroegtydig af

Red mark on the calendar at January 2025

Ekstra skoolvakansie op pad weens nasionale vakansiedae

Internasionale perspektief

Internasionale perspektief: Hoe om Trump 2.0 te verstaan

Carel Boshoff

NUUSWEEK: FAK-voorsitter verwerf doktorsgraad

Ander Nuus Artikels

GoWjNLwWkAATPA2
Lugmag soek sy vliegtuigdeur
Julius-Malema6
“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema
490718493_966830712291039_3031033673762599941_n
Vlieënier dood toe vliegtuig in die Boschkop-omgewing neerstort
490680875_3643518662459829_7446549436871041958_n
Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind
Classroom,Of,The,School,Without,Student,And,Teacher
Studie: Al hoe meer onderwysers tree vroegtydig af

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende