Formele sektor steeds minder poste as voor Covid-19-pandemie


Luister nou

Volgende

Formele sektor steeds minder poste as voor Covid-19-pandemie

28 Maart 2023

Statistieke Suid-Afrika (SSA) sê nagenoeg 94 000 mense is in 2022 in die formele sektor afgelê.

Dít volgens die SSA se kwartaallikse indiensnemingpeiling wat vanoggend bekend gemaak is. Ná hierdie afleggings verskaf die formele sektor 266 000 minder poste as voor die Covid-19-pandemie. Teen die vierde kwartaal van 2022 het nagenoeg 9,9-miljoen mense in die formele sektor gewerk.

In Desember 2019, voordat die Covid-19-virus ontstaan het, het 10,2-miljoen mense in dié sektor gewerk.

Hierdie kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) tel ondernemings met ‘n omset van R300 000 per jaar.

Die formele sektor verwys na poste wat gereelde lone en standvastige ure verskaf. Hierdie werknemers het ook gewoonlik indiensnemingsregte, en moet ook belasting betaal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Formele sektor steeds minder poste as voor Covid-19-pandemie


Luister nou

Volgende