9 November 2023
‘n Vrou, wat haar vir meer as ‘n jaar lank as ‘n radiografis by die Livingstone-hospitaal in Gqeberha/ Port Elizabeth voorgedoen het voordat sy in 2016 uitgevang is sal van volgende week af oor naweke in die tronk deurbring, maar sal weeksdae vry rondloop.
Die 27-jarige Asisipho Mbekela is deur die gespesialiseerde handelsmisdaadhof tot 2 000 uur agter tralies gevonnis.
Sy is verlede jaar skuldig bevind aan klagte van bedrog en vervalsing.
Mbekela het tydens die verhoor – wat vyf jaar lank uitgerek is – swanger geword en geboorte geskenk.
Landdros Lionel Lindoor het besluit dat dit in die beste belang van die kind is as Mbekela nie voltyds opgesluit word nie, maar Vrydagmiddae by die gevangenis aanmeld en weer Sondae vrygelaat word – vir die duur van die vonnis.