Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Fop-dokters knak Suid-Afrikaners se vetroue in die gesondheidsektor

Nuuskommentaar: 1 September 2022

Deur: Mari Oosthuizen

Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, die RGBSA, sê hy is bekommerd oor die toename in persone, wat hulleself voordoen as dokters.

Dit volg nadat getuienis in die landdroshof in Kimberley aangehoor is van ‘n 38-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 17-jarige meisie in sy spreekkamer verkrag het.

Tydens die hofsaak het dit nié net aan die lig gekom dat die sogenaamde dokter nooit geregistreer is nie, maar dat hy boonop ook onwettig in die land is. Die man verskyn Vrydag, 2 September weer in die hof.

Die raad se woordvoerder, Christopher Tsatsawane sê die aantal persone, wat hulleself voordoen as dokters is ‘n groot rede tot kommer.

Volgens hom lyk dit veral in die afgelope 4 tot 5 maande na ‘n groeiende tendens.

Luidens die RGBSA se beleid mag geen persoon in Suid-Afrika pasiënte behandel as ‘n dokter of verpleegster as hulle nie by die raad geregistreer is nie. Wel dis veronderstel om voor die hand liggend te wees.

Hierdie fop-dokter is maar net een van baie soortgelyke gevalle. In November 2020 het die raad aangekondig dat 18 fop-dokters sedert die begin van die jaar vasgetrek is. Tien van dié sogenaamde dokters was onwettige buitelanders.

In 2019 het die RGBSA bevind dat 43 mense hulle as dokters voorgedoen het. Net in hierdie twee paragrawe is daar 62 persone wat pasiënte behandel het, operasies uitgevoer het en medisyne voorgeskryf het.

Hoe op dees aarde kan die raad nog verwag dat mense mediese dokters moet vertrou as hulle nie noodwendig weet of daardie persoon kwalifikasies het óf enigsins geregistreer is nie.

Die vraag is nou egter, hoe gebeur so iets? Waar lê die fout? In 2017 het die raad en die polisie saamgewerk om 400 sake van fop-dokters te ondersoek, 38 is op die ou-einde in hegtenis geneem.

Goed, hulle is vasgetrek, maar watter skade het hulle aangerig voordat hulle vasgetrek is? Dit wil voorkom asof verantwoordbaarheid, soos met baie kwessies in Suid-Afrika, neerkom op landsburgers. Suid-Afrikaners moenie stilbly as hulle vermoed dat hulle sogenaamde dokter nié die nodige kwalifikasies het nie.

Jy kan dalk net die verskil wees tussen iemand se lewe of dood. Volgens die RGBSA het jy as pasiënt die reg om vir die dokter te vra vir sy registrasie-besonderhede. As hy wel by die raad geregistreer is, sal hy/sy ‘n registrasiekaart hê. Jy kan dan die registasienommer by die raad nagaan.

Die probleem met verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid is egter dat Suid-Afrikaners al so gewoond aan korrupsie en misdaad is dat jy nie noodwendig daarteen optree nie. Die kans is ook inelkgeval baie goed dat die polisie jou sal ignoreer as jy hulle nader oor iets soos ‘n fop-dokter.

Maar dit is jou verantwoordelikheid, as ‘n inwoner van die land om jou stem dik te maak as jy ‘n vermoede het dat iemand voorgee om ‘n dokter te wees. Ons is dit ook verskuldig aan gekwalifiseerde, geregistreerde mediese personeel wat baie jare studeer en lang ure werk om ‘n verskil in iemand se lewe te maak.

Nou kom nou dokters, “wys daardie registrasiekaarte.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende